Ons skoolleuse : Scientia est Lux "Kennis bring lig"
(Die strewe na kennis om die duisternis van onkunde te breek.)
Ons Geskiedenis
Met die onstaan van die woonbuurt ,Riverview,het die NG Kerk
Worcester- Suid ’n nood gesien vir n opvoedkundige instelling daar. Met die hulp van die kerk is Witblokke (N.G.K) Laerskool in 1958 gestig.
Die skool is later herdoop tot Riverview Primêr. Reeds sedert die onstaan van die skool,het dit n baie hoë opvoedingspeil gehad . Die basis van menige leiers van vandag is by die skool gelê . So byvoorbeeld het baie dokters , prokureurs , vakmanne,
dominees, sportmanne –en vroue en onderwysers hul skool opleiding aan die skool begin.
Van die leerders wat die onderwysprofessie betree het, het hulle onderwysloopbaan by die skool begin byvoorbeeld me.. E. Kelley, M. Macpherson , L. Jonkers en E . Daniels ,mre. R. Booysen , S.W. Jones en ons vorige prinsipaal mnr. J.L. Titus kom terugploeg wat hulle ontvang het
MISSIE VAN SKOOL
2. Om deur opvoeding en onderrig 'n goeie en gesonde selfbeeld by leerders te ontwikkel sodat leerders nie sal skroom om leiding te neem in hierdie era van ontwikkeling nie.
3. Om by leerders 'n gesonde oordeelsvermoë in te skerp.
4. Om 'n gesonde en aanvaarbare werksatmosfeer vir opvoeders daar te stel.
5. Om die beeld van die skool so na aan die harte van ouers te lê dat hulle met trots meer aktief die bedrywighede van die skool kan meemaak.