|
|
comments (0)
|
Riverview Primêr
Wes – Kaap Onderwysdepartement
Posbus 580, Worcester, 6849
Tel. no. 023 – 34 71917 Faks no. 023 – 34 21942
E – pos : [email protected]
Prinsipaal – Mnr. Jonathan Daniel Africa
BELEID OOR SOSIALE MEDIA EN SOSIALE NETWERKING
1. Definisies
Die volgende woorde en terme het dieselfde betekenis as wat in die Riglyne vir Sosiale Media en Sosiale Netwerking daaraan geheg is:
“kind” beteken ’n persoon wat jonger as 18 jaar is;
“kuberafknouery” verwys na opsetlike en herhaalde leed wat deur middel van rekenaars, selfone en ander digitale toestelle aangedoen word;
“sosiale media” beteken ’n versameling interaktiewe aanlyn platforms en instrumente wat deur individue, groepe en organisasies gebruik word om inhoud, profiele, menings, insigte, ervarings, perspektiewe en media te deel. Dit maak die skep en uitruil van gebruikergeskepte inhoud moontlik;
“sosialenetwerk-webwerf” beteken ’n webgebaseerde diens wat individue in staat stel om:
(a) ’n openbare of gedeeltelik-openbare beeld te bou; (b) kontakte of vriende met ander gebruikers te deel; en
(c) hul lyste met kontakte of vriende en dié wat deur ander binne die stelsel gemaak is te besigtig; die aard en terminologie van hierdie kontakte of vriende mag van webwerf tot webwerf verskil; en
“toegang” beteken die reg, geleentheid of befondsingsmiddele, of herwinning van inligting.
2. Wetsraamwerk
Hierdie beleid word onder meer gesteun deur: Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996
United Nations Convention on the Rights of the Child, 1989
Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1996)
Wet op die Indiensneming van Opvoeders, 1998 (Wet 76 van 1998)
Wes-Kaapse Wet op Provinsiale Skoolonderwys, 1997 (Wet 12 van 1997)
Western Cape Government Social Media Policy, 2014
Wet op Elektroniese Kommunikasie, 2005 (Wet 36 van 2005) Wet op Films en Publikasies, 1996 (Wet 65 van 1996)
Wet op Beskerming teen Teistering, 2011 (Wet 17 van 2011)
Strafproseswet, 1977 (Wet 51 van 1977)
Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante
Aangeleenthede), 2007 (Wet 32 van 2007) Wet op Outeursreg, 1978 (Wet 98 van 1978) Children’s Act, 2005 (Wet 38 van 2005)
Wet op die Reëling van Onderskepping van Kommunikasie en Verstrekking van Kommunikasie-verwante Inligting, 2002 (Wet 70 van 2002)
Riglyne oor e-Veiligheid in Skole, Departement van Basiese Onderwys, 2010
3. Doel
Die doel van hierdie beleid is om:
(a) die gebruik van sosiale media en sosiale netwerking by Riverview Primêr te reguleer;
(b) die geleenthede wat multimedia-geletterdheid kan bied, op ’n verantwoordelike en respekvolle wyse aan leerders te bied ten einde die onderrig- en leeromgewing in ons skool te verryk;
(c) die verantwoordelikhede en gedrag te skets wat van werknemers, leerders en hul ouers as gebruikers van sosiale media en sosiale netwerking verwag word, in die besonder dat:
(i) alle lede van die Riverview Primêr skool -gemeenskap en verteenwoordigers van die skool verantwoordelikheid aanvaar vir die inhoud wat aanlyn geskryf, opgeneem, vertoon, geplaas of gekommunikeer word;
(ii) hulle ter aller tye goeie oordeel en gesonde verstand aan die dag moet lê by oorweging van enige van die aktiwiteite in subparagraaf (i) genoem;
(iii) deelname op sosiale media en sosialenetwerk-webwerwe tot die oortreding van skoolreëls en die leerders se Gedragskode mag lei, of strydig met bestaande wette mag wees; en
(iv) die gebruik van of deelname op hierdie webwerwe nie die
skool se naam negatief mag raak of die skool se reputasie mag skaad nie.
4. Omvang
Hierdie beleid is van toepassing op alle werknemers, leerders en hul ouers by Riverview Primêr.
5. Sosiale media en sosiale netwerking
Sosiale media en sosiale netwerking word gebruik om:
(a) aan aanlyn kommunikasie deel te neem ten einde ’n belangstelling te deel en kennis te verwerf of te deel;
(b) musiek, kunsvideo’s of menings te deel, saam te werk aan werk of besprekings en by mekaar te leer;
(c) te sosialiseer deur kontak te hou met bestaande vriende en nuwes te vind, en om die bevordering van ’n saak of produk te kanaliseer;
(d) gebruikers in staat te stel om vinnig en doeltreffend met mekaar te skakel, veral in ’n professionele omgewing;
(e) professionele of persoonlike doelwitte na te streef deurdat gebruikers hul menings, waardes en ervarings deel, of indrukwekkende aanlyn CV’s skep; en
(f) met lewenslange leer te help en praktykgemeenskappe te skep.
6. Aspekte vir oorweging in ons skoolomgewing
Werknemers, leerders en hul ouers by Riverview Primêr moet die volgende behoorlik by die gebruik van sosiale media en sosialenetwerk- webwerwe oorweeg:
(a) Soos met alle aanlyn kommunikasie-instrumente moet die
sosialemedia-omgewing bestuur word sodat dit nie allesoorheersend word nie.
(b) Daar moet op outeursregwetgewing gelet word wanneer hierdie media gedeel word, en ook dat verandering aan enige werk, kommentaar of plasing sonder toestemming van die skrywer die reputasie van die skrywer en ander partye kan raak. Toestemming moet ter aller tye verkry word.
(c) Privaatheid en omsigtigheid moet toegepas word, aangesien enige kommunikasie wat vir ander gebruikers gestuur en/of in die openbare domein geplaas word, erkenning van die bron moet gee.
(d) Sosialemedia-netwerke is dikwels sigbaar vir mense in die gebruiker se professionele asook persoonlike lewe. Hierdie vervaging van sosiale en professionele grense kan tot lastige of onvanpaste onthullings lei, byvoorbeeld wanneer opvoeders en leerders mekaar op sosiale media uitnooi of met mekaar skakel, moet hulle besef dat aspekte van hul profiel vir ander leerders en werknemers sigbaar is.
(e) Gebruikers moet hulself vertroud maak met privaatheidstellings en die deel van inligting wat hulle dalk nie in die openbare domein wil hê nie, vermy.
(f) Gebruikers moet beeldmateriaal of onvanpaste boodskappe wat ’n ander individu se reputasie later in sy of haar lewe in gedrang mag bring, vermy of nie deel nie.
7. Verantwoordelikhede met betrekking tot sosiale media en sosiale netwerking
7.1 Die skool
Die skool moet ʼn beleid oor die gebruik van sosiale media opstel en dit formeel daarstel ten einde:
(a) leerders en werknemers in verband met gepaste etiket vir elke aanlyn omgewing te sensitiseer; leerders op te voed oor kritiese denkvaardighede en digitale geletterdheid om hulle in staat te stel om veilig deur die aanlyn wêreld te beweeg;
(b) leerders te lei om die behoefte te begryp om die mees geskikte kommunikasie-instrumente vir hul opvoedkundige en sosiale ervarings te kies;
(c) seker te maak dat leerders van die potensiële negatiewe gevolge van Internetgebruik bewus is;
(d) leerders op ʼn manier wat by hul ouderdom pas te leer oor die risiko’s en gevare verbonde aan die gebruik van sosiale media, veral as sommige van die risiko’s en gevare in sowel die huis- as die skoolverband voorkom (bv. kuberafknouery);
(e) leerders aan te moedig om verantwoordelik op te tree en bewus te wees van die gevolge wat met die gebruik van sosiale media geassosieer word;
(f) te spesifiseer wanneer en om watter doel die gebruik van sosialemedia-platforms aanvaarbaar is;
(g) te verseker dat aanlyn aktiwiteite wat deur opvoeders beplan word slegs webwerwe vir die gepaste ouderdomme insluit;
(h) leerders te lei om verantwoordelik te wees en onvanpaste gedrag of dade wat die skool en hul medeleerders negatief mag beïnvloed, te rapporteer;
(i) leerders en werknemers te adviseer oor gedrag wat strydig mag wees met die Gedragskode vir leerders asook strawwe wat opgelê mag word as hulle aan wangedrag of ernstige wangedrag ingevolge die kode, en van oortredings van toepaslike wetgewing in die geval van werknemers, skuldig bevind word;
(j) ’n prosedure in breë trekke te beskryf vir voorvalle wat ’n potensiaal vir strafregtelike aanspreeklikheid mag hê;
(k) voorvalle met kinderbeskermingskenmerke te akkommodeer;
(l) leerders en werknemers in te lig oor die beleid en seker maak dat die beleid dwarsdeur die skool sigbaar gemaak word; en
(m) ʼn addendum vir ondertekening deur elke ouer, opvoeder en leerder in te voeg.
7.2 Die Veiligeskoolkomitee
(a) ’n Span binne die Veiligeskoolkomitee van Riverview Primêr moet e-veiligheid te bestuur.
(b) Die span mag bestaan uit:
[(i) ’n lid van die skoolbestuurspan
(ii) die netwerkadministrateur
(iii) ’n IT-opvoeder
(iv) ’n opvoeder – lewensvaardighede- opvoeder
(v) ’n verteenwoordiger van die beheerliggaam
(c) Die hoofverantwoordelikheid van die span sal die ontwikkeling, implementering en toepassing van ’n aanvaarbare sosialemedia- beleid wees wat deur die Gedragskode vir leerders en werknemers by Riverview Primêr ondersteun word, en om te verseker dat:
(i) alle rolspelers by Riverview Primêr bewus gemaak word van die inhoud, die beleid en gevolge wat waarskynlik uit nienakoming sal voortvloei;
(ii) ouers aangemoedig word om redelike stappe te doen om te verseker dat leerders die beleid binne en buite die skoolterrein nakom; en
(iii) alle belanghebbers ingelig word oor die tipes voorvalle wat potensieel tot strafmaatreëls en moontlik strafregtelike aanspreeklikheid mag lei.
7.3 Verantwoordelikheid van ’n leerder
Leerders moet geleer word om:
(a) die wêreldwye omvang van sosiale media in gedagte te hou en hul plasings gepas te wysig of te beperk;
(b) vriendelik, eerlik, billik, deeglik en deursigtig te wees wanneer hulle sosiale media gebruik;
(c) te onthou dat hoewel die gebruik van sosiale media maklik, informeel, vinnig en goedkoop mag wees, is hierdie elektroniese boodskappe permanente, oordraagbare rekords wat die reputasie van die skool kan raak;
(d) toestemming te kry vir die gebruik van intellektuele eiendomsregte van
’n derde party of werknemer, insluitende outeursreg, patente, handelsmerke en video’s;
(e) te weet dat dit onwettig is om:
(i) by identiteitsdiefstal betrokke te raak;
(ii) aan haat- of kultuswebwerwe deel te neem;
(iii) gesteelde goedere op webwerwe te koop of te verkoop;
(iv) persoonlike inligting te onthul of vertroulike finansiële inligting met betrekking tot bank- en kredietkaarte bekend te maak deur onveilige bedrieglike webwerwe te gebruik; en
(v) inligting wat ’n ander individu se reputasie of waardigheid in gedrang mag bring te publiseer; dit word ook as teistering beskou om iets te doen wat hulle weet benadeling van ’n ander persoon kan veroorsaak, hetsy geestelik, sielkundig of fisies.
7.4 Verantwoordelikheid van die werknemer
(a) Die werknemer moet nooit aanlyn kommunikasie op ’n individuele basis met ’n leerder hê nie, maar altyd in groepsverband, vir opvoedkundige doeleindes en om inligting te de
(b) Die werknemer moet nooit leerders op sosiale media nooi of volg nie, behalwe op webwerwe wat spesifiek vir professionele doeleindes in ’n groepopset ontwerp is.
7.5 Verantwoordelikheid van die opvoeder
Die opvoeder moet:
(a) leerders lei om te verstaan dat wat in ’n klaskamer toelaatbaar is, aanlyn aanvaarbaar is en enigiets wat in ’n klaskamer ontoelaatbaar is, ook aanlyn onaanvaarbaar is;
(b) bewus wees dat aanlyn aktiwiteite ’n uitwerking mag hê op hul persoonlike reputasie, beeld en vermoë om met kollegas en leerders te verkeer;
(c) professioneel en hoflik wees wanneer hulle aanlyn met ander partye kommunikeer;
(d) die behoefte aan diskresie en vertroulikheid respekteer met betrekking tot persoonlike inligting en ander sensitiewe inligting wat dalk nie vir openbare bespreking gepas is nie;
(e) binne redelike perke poog om neutraal, objektief en professioneel te bly oor kwessies wat aangebied en bespreek word op opvoedkundige platforms of webwerwe wat vir opvoedkundige doeleindes bedoel is; en
(f) enige materiaal wat as aanstootlik, onvanpas, ontoepaslik, onhoflik of andersins hinderlik vir ander gebruikers is, oordeelkundig verwyder.
8. Nienakoming
Nienakoming deur leerders en werknemers moet ingevolge die skool se Gedragskode vir leerders, die Wet op die Indiensneming van Opvoeders, 1998 (Wet 76 van 1998) en die Staatsdienswet, 1994 (Proklamasie No. 103 van 1994) hanteer word.
9. Implementering van die beleid
10. Implementeringsdatum
20 Januarie 2019
........................................
MNR. J.D. AFRICA
RIVERVIEW PRIMÊR : PRINSIPAAL
..................................
MNR. C. JACOBS
VOORSITTER : BEHEERLIGGAAM
|
|
comments (0)
|
Riverview Primêr
Wes – Kaap Onderwysdepartement
Swartstraat, Riverview ( Posbus 580 ), Worcester, 6849
Tel. no. 023 – 34 71817 Faks no. 023 – 34 21942
E – pos : [email protected]
Prinsipaal – Mnr. Jonathan Daniel Africa
TOELATINGSBELEID
1. DOEL
Ons skool se Toelatingsbeleid het dit ten doel om die prinsipaal in sy hoedanigheid as skoolbestuurder te ondersteun om ‘n volledige rekord daar te stel in die handhawing van genoemde beleid soos beplaal deur ons beheerliggaam.
Die beleid is daarop ingestel om gesonde norme en standaarde te handhaaf. Die behoud van ons missie- en visiestelling soos verwoord in die skool se grondwet word ook beklemtoon.
2. AGTERGROND
Ons beleid is opgestel om uitvoering te gee en veral te voldoen aan die volgende dokumente:
2.1 Staatskoerant 19377 gedateer 19 Oktober 1998 – aangehegte Toelatingsbeleid vir Gewone Openbare Skole.
2.2 Omsendbrief 0170/00 – Toelating van leerders tot gewone openbare skole.
2.3 Omsendbrief 0142/2000 – Toelating van oorouderdom leerders tot skole.
2.4 Omsendbrief 0129/2000 – Administrasie van die toelating van leerders tot skole.
2.5 Omsendbrief 0039/2001 – Adminstrasie van die toelating van leerders tot skole in 2002.
3. BELEID
3.1 Ouers word aangemoedig om vroegtydig hul kinders te kom inskryf. (soos bepaal deur die WKOD se nuwe aanlynstelsel verkieslik tussen Januarie en Maart vir toelating die jaar darn bv. Januarie tot Maart 2019 vir toelating in 2020 ). Onderrig kan dan elke jaar dadelik begin.
3.2 Geen leerder wat aan die ouderdomsvereiste voldoen (soos vervat in omsendbrief 170/2000) sal aan enige vorm van toetsing onderwerp word nie, alvorens hy/sy tot die skool toegelaat word nie.
3.3 Leerders wat toegelaat word moet binne die wetlike ouderdomsperk wees.
3.4 Leerders wat buite die “twee jaar bo die ouderdomnorm”-perk val, (omsendbrief 142/2000) sal slegs toegelaat word met die skriftelike goedkeuring van die kringbestuurder.
3.5 By die toelating van leerders sal daar nie gediskrimineer word op grond van ras, taal, kultuur, godsdiens of finansiële posisie van ouer of leerder nie.
3.6 Leerders sal toegelaat word om aan die skool se buitemuursse bedrywighede deel te neem. Indien ‘n leerder ongeskik is om aan sport of enige ander buitemuurse aktiwiteite deel te neem, moet die ouer die skool sodanig inlig en van nodige dokumentasie voorsien wat dit staaf.
3.7 Kinders met spesifieke behoeftes sal eerstens verwys word na sodanige skole of indien dit moontlik is, sal daar dan probeer word van sodanige leerder te akkommodeer.
4. EERSTE TOELATING (TOT GRAAD 1)
4.1 Aansoekvorm (W.K.O.D. 006) moet volooi word.
4.2 Die leerder se oorspronklike geboortesertifikaat of identiteitsdokument moet voorgelê word. Die skool sal ‘n afskrif maak en die oorspronklike document weer aan die ouer/voor voorsien.
4.3 ‘n Skriftelike bewys om te toon dat leerders ingeënt is teen siektes soos polio, mases, tuberkulose, witseerkeel tetanus, hepititus B, sal gevra word. Indien ouers nie so ‘n bewys kan lewer nie, sal hulle geadviseer word om dit te doen as deel van die gratis primêre gesondheidsorgprogram.
4.4 Ouers of voogde sal gevra word om self leerders te kom inskryf.
5. OORPLASINGS
5.1 Wanneer ‘n oorgeplaade leerder van ‘n ander skool ingeneem word, sal die volgende dokumentasie gevra word:
• aansoekvorm om toelating (W.K.O.D. 006)
• geboortesertifikaat of identiteitsdokument
• oorplasingssertifikaat
• kummulatiewe verslagkaarte
• ‘n rapport/verslag van die hoogste graad waartoe die leerder by sy vorige skool gevorder het. Die skool se stempel moet op die rapport/verskag verskyn.
5.2 Ouers/voogde van nuwe leerders of leerders wat oorgeplaas is, sal elk ‘n gedragskode van die skool ontvang nadat leerders toegelaat is. En dit moet onderteken word.
6. AANMOEDIGING
Elkeen van ons ouers sal aangemoedig word om ‘n bydrae te lewer tot die vooruitgang van die skool.
Hierdie beleidstuk is hersien en aanvaar op die 22ste DAG VAN JANUARIE 2020 nadat dit op ‘n algemene vergadering van die SBL van die skool bespreek is.
a) Voorsitter: Charl Jacobs ……………………………………..
b) Prinsipaal Jonathan Africa …………………………………….
|
|
comments (0)
|
Riverview Primêr
Wes – Kaap Onderwysdepartement
Swartstraat, Riverview ( Posbus 580 ), Worcester, 6849
Tel. no. 023 – 34 71817 Faks no. 023 – 34 21942
E – pos : [email protected]
Prinsipaal – Mnr. Jonathan Daniel Africa
GEDRAGSKODE VIR LEERDERS
1. INLEIDING EN AGTERGROND
• Behoudens die bepalings van die Wes-Kaapse Provinsiale Wet op Skoolonderwys, wet 12 van 1997 (“die provinsiale wet”), moet ‘n beheerliggaam van ‘n openbare skool, ingevolge artikel 8(1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet, wet 84 van 1996 (“die Skolewet”) ‘n gedragskode vir leerders aanvaar na oorlegpleging met die leerders, ouers en opvoeders van die skool.
• Ingevolge regulasie 9.6 van die minimum vereistes waaraan die Grondwet van ‘n Beheerliggaam van ‘n openbare skool moet voldoen, afgekonding in die Buitengewone Provinsiale Koerant van 22 Augustus 1997 (“die vereistes”), is een van die funksies van ‘n beheerliggaam om ‘n gedragskode vir leerders te ontwikkel en aan te neem.
• Ingevolge die Skolewet:
o moet ‘n gedragskode daarop gemik wees om ‘n gedissiplineerde en doelgerigte skoolomgewing, wat toegewyd is aan die bevordering en instandhouding van die gehalte van die leerproses, te vestig.
o moet die gedragskode bepalings van ‘n behoorlike regsproses bevat om die belange van die leerder en van enige party wat by dissiplinêre handelinge betrokke is, te beskerm.
o moet die Lid van die Uitvoerende Raad regulasies afkondig met betrekking tot :
welke gedrag van ‘n leerder as ernstige wangedrag beskou sal word;
welke dissiplinêre prosedures in sodanige gevalle gevolg moet word;
‘n behoorlike regsproses om die belange van die leerder en van enige party wat by dissiplinêre handelinge betrokke is te beskerm.
Hierdie regulasies is afgekondig in die Buitengewone Provinsiale Koerant, Provinsiale Kennisgewing 372, van 31 Oktober 1997. Hierdie regulasies is meer breedvoerig uiteengesit in die Algemene Handleiding vir die skorsing en uitsetting van leerders wat onder ekking van Omsendbrief 77/98, gedateer 30 Junie 1998, aan skole gestuur is.
o moet ‘n regverdige verhoor korrektiewe optrede voorafgaan;
o kan die beheerliggaam , na sodanige regverdige verhoor ‘n leerder skors van bywoning van die skool as ‘n korrektiewe maatreël vir ‘n tydperk van hoogstens sewe ( 7 ) skooldae.
o kan die beheerliggaam na sodanige regverdige verhoor, besluit om by die Departementshoof aan te beveel dat die leerder uit die skool gesit word.
o mag ‘n leerder slegs uit die skool gesit word deur die Departementshoof en nadat hy of sy, na ‘n regverdige verhoor, skuldig bevind is aan ernstige wangedrag.
• Ingevolge artikel 46 van die Provinsiale wet mag geen lyfstraf by ‘n skool toegedien word nie.
• Ingevolge regulasie 23 (1) van die provinsiale wet, is ‘n beheerliggaam bevoeg om ‘n komitee aan te stel om dit van advies te bedien, en om, onderworpe aan die opdragte van die beheerliggaam, die werksaamhede uit te oefen wat die beheerliggaam bepaal.
• Onderwysers, ouers en leerders erken dat tugmaatreëls wat regstellend en korrektief van aard is deel vorm van gesonde opvoedkundige beginsels wat binne skoolverband so ver as wat moontlik is as ‘n professionele bestuursaangeleentheid hanteer moet word.
• Met die volle besef van hierdie agtergrond, en verder met die besef dat ‘n billike balans verkry moet word tussen die hou van ‘n regverdige verhoor en die handhawing van individuele regte enersyds en die noodsaak uit ‘n opvoedkundige oogpunt dat spoedig opgetree moet word in die geval van oortredings van skoolreëls en die Gedragskode, verbind die beheerliggaam, ouers, leerders en opvoeders hulle tot hierdie Dissiplinêre Kode.
2. ONDERWERPING AAN DIE GEDRAGSKODE EN ReëLS
• Deur die ondertekening van die “Ondernemingsvorm” onderwerp die leerder en sy/haar ouers/voogde hom/haar/hulle aan die reëls en gedragskode van die skool.
• Die Dissiplinêre Kode sal aan alle ouers/voogde verbonde aan die skool gegee word, maar is ook tydens normale skool-ure ter insae beskikbaar.
• Opvoeders sal in die normale loop van hul pligte die bepalings van die Dissiplinêre Kode onder die aandag van die leerders bring.
GEDRAGSKODE
1. DOEL EN BELANGRIKHEID VAN DIE GEDRAGSKODE
• Om te verseker dat elke leerder by RIVERVIEW PRIMêR die beste moontlike opvoeding en onderrig onder die beste moontlike omstandighede kan ontvang.
• Om ‘n gedissiplineerde en doelgerigte skoolomgewing te bevorder.
• Om ‘n veilige en aangename skoolomgewing vir almal te bewerkstellig.
• Om die burgerlike verantwoordelikhede van die skool te bevorder deur die leerders toe te rus met kundigheid, kennis en vaardighede.
• Om leierskap onder leerders te ontwikkel.
• Om skooltrots onder die leerders aan te wakker.
• Om die positiewedissipline, selfdissipline en voorbeeldige gedrag onder die leerders te bevorder.
• Om die leerders in te lig oor die wyse waarop hulle hulself op skool moet gedra.
• Om as bestuursinstrument te dien in die hantering van oortredings.
2. LEUSE VAN DIE SKOOL
SCIENTIA EST LUX - KENNIS IS LIG
( Ons strewe altyd na kennis om die duisternis van onkunde te breek )
3. EREKODE
Ek, as leerder van RIVERVIEW PRIMêR onderneem om my te onderwerp aan die gedragskode en reëls van die skool, en ek sal alles in my vermoë doen om dit na te kom.
4. VISIE VAN DIE SKOOL
Om ‘n samebindende faktor te ontwikkel tussen skool, ouer en gemeenskap met inagneming van verskillensde religieuse en estiese waardes en om die leerders van RIVERVIEW PRIMêR in hul totaliteit te ontwikkel om sodoende volwaardige en verantwoordelike landsburgers te word.
5. MISSIE VAN DIE SKOOL
• RIVERVIEW PRIMêR onderneem om konstruktiewe stappe te neem met ‘n besliste onderneming om haar te wy aan die handhawing van die beginsels van gelykheid en nie-diskriminasie en om binne die raamwerk van menseregte so effektief as moontlik op te tree.
• RIVERVIEW PRIMêR strewe daarna om leerders te ondersteun in hul soeke na die beste, hulle voor te berei vir Hoër Onderwys en die kompeterende arbeidsmark en om hul strewe na diensbaarheid in die gemeenskap te onderskraag.
• RIVERVIEW PRIMêR strewe daarna om deur opvoeding en onderrig ‘n goeie en gesonde selfbeeld by leerders te ontwikkel sodat leerders nie sal skroom om leiding te neem in hierdie era van ontwikkeling nie.
• RIVERVIEW PRIMêR strewe daarna om by leerders ‘n gesonde oordeelsvermoë in te skerp.
• RIVERVIEW PRIMêR strewe daarna om ‘n gesonde en aanvaarbare werksatmosfeer vir opvoeders daar te stel.
• RIVERVIEW PRIMêR strewe daarna om die beeld van die skool so na aan die hart van leerders en ouers te lê sodat hulle met trots meer aktief by die bedrywighede van die skool betrokke kan raak.
6. REGTE VAN LEERDERS
Terwyl ons daarvan bewus is dat ons oor sekere regte beskik in terme van die Grondwet, erken ons dat ander mense soortgelyke regte het en respekteer ons hierdie regte.
Ons erken dat elke leerder die reg het om:
• te werk en te leer en onderrig te ontvang sonder ontwrigtings en steurings.
• aangehoor en na geluister te word.
• aanspraak te maak op maksimum onderrigtyd.
• hoflik en met respek behandel te word.
• in ‘n skoon, sindelike en veilige omgewing te leer en te speel.
• sy / haar kant van die saak te stel.
• regverdige en gelyke behandeling voor die reg / reël te geniet.
• akademies te ontwikkel volgens sy / haar vermoë en tempo.
7. VERANTWOORDELIKHEDE VAN LEERDERS TEN OPSIGTE VAN:
• INTERPERSOONLIKE VERHOUDINGS
Daar word van leerders verwag om:
o met hoflikheid, verdraagsaamheid en bedagsaamheid op te tree teenoor mekaar, opvoeders, nie-opvoeders en besoekers.
o hulle te weerhou van enige vorm van agressiewe en verkeerde gedrag.
o gesag en gesagstrukture by die skool te respekteer en respek te betoon aan ander.
• RESPEK VIR OPVOEDERS
Daar word van leerders verwag om:
o alle opvoeders te respekteer as volwassenes en te erken dat hulle opleiding en ervaring die leerders tot voordeel kan strek.
o te belowe om hulle heelhartige samewerking aan opvoeders te gee in alle redelike opdragte wat van hulle ontvang word.
• RESPEK VIR NIE-OPVOEDERS EN BESOEKERS
Daar word van leerders verwag om:
o te erken dat die bydraes tot die gladde verloop van die skool deur administratiewe personeel en terreinwerkers onontbeurlik is.
o administratiewe personeel en terreinwerkers se werk te waardeer en hoog aan te slaan.
o Met agting en respek teenoor hierdie personeel op te tree.
o enige besoeker aan die skool met respek en hoflikheid te behandel.
• RESPEK VIR DIE OMGEWING EN SKOOLFASILITEITE
Die natuurlike omgewing is ‘n geskenk van God en ons aanvaar die opdrag en gesamentlike verantwoordelikheid vir die bewaring daarvan.
Daar word van leerders verwag om:
o die skoolgeboue, klaskamerinhoude, toilette en ander fisiese geriewe wat vir hulle gebruik beskikbaar gestel word, te waardeer.
o op ‘n verantwoordelike manier van die geriewe gebruik te maak en sover dit binne hulle vermoë is, ‘n bydrae tot die instandhouding daarvan te lewer.
o die skoolomgewing skoon, netjies en veilig te hou.
• ERKENNING VAN MULTIKULTURALITEIT EN DIVERSITEIT
Daar word van leerders verwag om:
o te aanvaar dat mede-leerders individue is wat soortgelyke ideale en doelwitte as ons mag nastreef, maar dat hulle ook hul eie ideale mag hê en nastreef.
o die kulture en geloofsoortuigings van almal in die skool te erken en te respekteer, en nie so sal optree dat ander se menswaardigheid aangetas word nie.
• BYDRA TOT DIE DOELTREFFENDE FUNKSIONERING VAN DIE SKOOL
Daar word van leerders verwag om:
o pro-aktiewe, onafhanklike, kritiese, gedissiplineerde en kreatiewe denkers te word.
o ‘n aktiewe bydra te maak om die skool doeltreffend en funksionerend te maak.
o aktief deel te neem aan die leerproses.
o Onder geen omstandighede die vlot verloop van die skool te belemmer nie.
• GEHOORSAAMHEID AAN ORGANISATORIESE- EN GEDRAGSREëLS
Daar word van leerders verwag om:
o te begryp dat ‘n skool nie sonder organisatoriese- en gedragsreëls kan funksioneer nie.
o hulle te vereenselwig met die skool se reëls vir leerdergedrag.
o die tydrooster van die skool te eerbiedig deur stiptelik teenwoordig te wees by die aanvang van die skooldag en elke periode van die skooldag.
o die die gesag van die persone in bevel van orde en dissipline te aanvaar.
o hulle te onderwerp aan toepaslike maatreëls indien hulle die reëls oortree.
• BUITEMUURSE AKTIWITEITE
Daar word van leerders verwag om:
o die vormingswaarde van sport, kulturele aktiwiteite, akademiese- en sosiale uitstappies te besef.
o òf as aktiewe deelnemers òf as lojale ondersteuners daarby betrokke te wees.
o te weet dat skoolreëls ook by buite-kurrikulêre aangeleenthede sal geld ter wille van die goeie orde en die skool se goeie naam.
• SKOOLDRAG EN VOORKOMS
Daar word van leerders verwag om:
o te besef dat skooldrag bydra tot ‘n gevoel van eenheid asook dissipline.
o daarna te strewe om elke dag hulle skooldrag met trots te dra ( tensy anders vermeld )
o die voorskrifte van persoonlike voorkoms na te kom.
• VEILIGHEID
Daar word van leerders verwag om:
o om te hou by die veiligheidsmaatreëls wat neergelê word deur die skool om ons eie asook die veiligheid van ander by die skool te waarborg.
o om tydens klaswisseling, op die skoolterrein, met uitstappies en op die sportveld te poog om deur ons optrede nie ons of ander persone se veiligheid in gevaar te stel nie.
• AKADEMIESE AANGELEENTHEDE
Daar word van leerders verwag om:
o te weet dat hulle alleen baat kan vind by onderwys indien hulle aktief, positief en intensief by die leeraktiwiteite in die klaskamer betrokke raak.
o gedrag af te keur wat ontwrigtend op die onderrigproses inwerk.
o die waarde van tuiswerk te besef en om dit getrou te doen.
o te besef dat deurlopende evaluering en assessering vir hulle van groter betekenis is as vir die opvoeders en daarom pligsgetrou vir eavluerings- en assesseringsgeleenthede voor sal berei.
o te besef dat eerlikheid deel is van ‘n onbesproke karakter en daarom sal hulle ten alle tye 100% eerlik wees tydens evaluering en assessering.
o dit nie te verdra dat ander persone oneerlik optree nie.
Met bogenoemde verantwoordelikhede in gedagte erken die leerders van RIVERVIEW PRIMêR dat:
• dissipline en orde ‘n voorvereiste is vir die bevordering en instandhouding van die gehalte van die leerproses.
• selfdissipline en nakoming van die skoolreëls en hierdie Gedragskode dissipline en orde ten grondslag lê.
• die gedragskode hulle te alle tye sal bind, tot verantwoording sal roep of op hulle van toepassing sal wees op die skoolterrein, op skooltoere of op welke tyd ookal buite die skoolterrein wanneer die leerder identifiseer kan word as ‘n leerder van RIVERVIEW PRIMêR.
• die nie-nakoming van die Gedragskode tot straf sal lei.
SKOOL- EN KLASREËLS
1. DOEL VAN DIE REËLS
Reëls word opgestel om die waardes wat in bogenoemde gedragskode vervat is te laat realiseer. Die reëls het dus ten doel om :
• ‘n positiewe leeromgewing te skep en in stand te hou.
• aanvaarbare gedrag sowel as onaanvaarbare gedrag uit te spel.
• opvoedkundige doelwitte te bevorder.
Skoolreëls wat aanvaarbare gedrag uitspel, het ten doel om die skool en die leerders te beveilig en orde te handhaaf, terwyl skoolreëls wat onaanvaarbare gedrag uitspel, nodig is om tug toe te pas en misverstande uit die weg te ruim. Verder sal leerders ten alle tye ag gee op skool- en klasreëls wat uitgevaardig word.
• SKOOLBYWONING
o Elke leerder moet die skool elke dag bywoon tensy daar ‘n geldige verskoning is.
o Leerders moet die skool tydens die vasgestelde skoolure bywoon.
o Geen leerder mag uit eie keuse en sonder verlof van die skoolhoof en / of sy gedelegeerde uit ‘n klas afwesig wees nie.
o Geen leerder mag die skoolterrein gedurende die skooldag sonder die toestemming van die prinsipaal of sy gedelegeerde verlaat nie.
o Wanneer ‘n leerder afwesig is of was, moet die ouer/voog die skoolhoof en/of die klasonderwyser daarvan in kennis stel. Indien dit nie telefonies tydens of voor die afwesigheid geskied nie, moet die leerder op die eerste dag waarop hy/sy weer die skool bywoon ‘n brief van die ouer/voog by die skool inlewer.
o Indien ‘n leerder in die oggend nie betyds by die skool opdaag nie, moet hy/sy eers by die skoolhoof aanmeld voordat enige klasse bygewoon mag word.
• DAAGLIKSE PROGRAM
Ten einde die skooldag ordelik en stiptelik te laat verloop, moet daar onder andere op die volgende gelet word:
o Leerders moet altyd stiptelik wees – By die skool en by die klas.
o Leerders mag nie in die oggend, voordat die klok lui, in die klaskamers of op die stoepe vergader nie, behalwe wanneer die weersomstandighede dit noodsaak.
o Leerders moet minstens vyf minute voordat die klok lui, by die skool wees en op die voorgeskrewe plekke vergader.
o Wanneer die eerste klok lui, moet leerders flink en stil na hul onderskeie rye beweeg. ( Nie hardloop nie )
o Leerlinge moet in netjiese, reguit rye staan.
o Stampery en pratery in rye is verbode.
o Wanneer die tweede klok lui, word leerders toegelaat om ordelik en onder toesig van die opvoeder en / of prefek of klasleier in die klas te gaan.
o Wanneer daar op die stoepe beweeg word soos bv. wanneer daar vir lesure gewissel word, moet dit ordelik, stil en in netjiese rye geskied.
o Leerders stap altyd aan die linkerkant van die stoep.
o Seuns wag altyd dat die dogters eerste beweeg en val dan direk agter hulle in.
o Wanneer leerders by ‘n klaskamer kom, moet daar gewag word totdat die opvoeder opdrag gee om binne te kom.
o Indien die betrokke opvoeder nie teenwoordig is by die klas nie, moet die leerers dadelik binnegaan en begin werk.
o In laasgenoemde geval moet die klasleier dadelik die prinsipaal in kennis stel.
o Geen leerder mag tydens lesure sonder ‘n amptelike toestemmingskaart van die skool in die gange, op die terrein of in die toilette gesien word nie. Elke opvoeder sal aan die begin van die skooljaar twee toestemmingskaarte ontvang.
o Skooltasse of sakke , waar dit nie op die rug gedra word nie, word in die hand weg van die muur gedra.
o Geen leerder mag gedurende pouses in die skool se gange rondloop nie, behalwe wanneer die weersomstandighede dit noodsaak.
o Hardlopery op stoepe en in gange is verbode.
o Geen leerder mag sonder die toesig van ‘n opvoeder gedurende pouses en naskool in ‘n klaskamer wees nie.
o Geen leerder sal toegelaat word om die skool vroeër te verlaat indien die ouer nie skriftelik met redes daarvoor vra nie. Dit kan ook telefonies met die skoolhoof gereël word.
• KLASKAMERS
o Leerders moet sorg dat klaskamers altyd skoon en netjies is gedurende die skooldag.
o Skryf op skoolbanke, tafels en mure word beskou as ‘n ernstige oortreding.
o Aan die einde van elke periode sal leerders sorg dat die area rondom sy/haar sitplek skoon is.
• KLEREDRAG EN VOORKOMS
o Leerders moet altyd skoon en netjies wees.
o Skooldrag is nie afdwingbaar nie, maar ouers sal aangemoedig word om sover moontlik skooldrag vir hulle kinders aan te skaf.
o Leerders sal aangemoedig word om elke dag die skooldrag te dra.
o Indien ‘n leerder wel skooldrag besit en nog steeds in informele kleredrag by die skool opdaag, sal so ‘n leerder gevra word om om skaflik te gaan aantrek.
o ‘n Leerder se skooldrag, skoene en naels moet te alle tye gedurende die skooldag skoon en netjies wees.
o Versierings (sketse, aanhalings, tatoeërmerke ) op hande, arms en ander liggamsdele word nie toegelaat nie.
o Persoonlike higiëne is baie belangrik en daarom moet leeders daarop let dat hulle altyd netjies en skoon op hul liggame moet wees.
o Versuim om hierna te kyk sal as ‘n netheidsoortreding hanteer word.
• DIE KLEREDRAG VIR DOGTERS IS AS VOLG:
o Wit hemp
o Geruite skoolrok
o Maroon romp
o Das ( opsioneel )
o Vaal Langbroek ( Verkieslik net in die winter )
o Maroon / Geel linte
o Wit sokkies
o Swart broekiekouse
o Swart skoolskoene
o Swart tekkies
o Skoolsweetpakbaadjie
o Volle skoolsweetpak ( nie skoolsweetpakbroek alleen nie )
• DIE KLEREDRAG VIR SEUNS SAL SOOS VOLG WEES :
o Wit of Blou hemp
o Vaal Langbroek/Kortbroek
o Das (nie verpligtend)
o Vaal Trui
o Skoolbaadjie
o Vaal Kouse
o Swart Skoene
• HARE
o Elke leerder se hare moet altyd netjies versorg en skoon wees.
o Geen ligstrepe (“highlights”) of gekleurde hare word toegelaat nie.
o Die gebruik van gel deur leerders is nie aanvaarbaar nie.
o Dogters met lang hare moet dit netjies vasmaak.
o Geen buitensporige haarmodes of- style word toegelaat nie.
o Die dra van “sterjies” deur seuns is ontoelaatbaar.
o Daar word sterk aanbeveel dat dogters blou linte dra , omdat dit deel van die kleredrag van die skool is.
o Ingevlegde kunshare is nie toelaatbaar vir seuns en dogters nie.
o Die dra van “dreadlocks” ( rastalokke ) deur leerders is onaanvaarbaar. Uitsondering sal gemaak word as ‘n leerder se ouers kan bewys dat hulle aanhangers is van die Rastafariër geloof.
• JUWELIERSWARE
SEUNS :
o Die dra van juwele word nie toegelaat nie , behalwe as dit gedra moet word as aanduiding van allergieë. Geen juweliersware aan enige ander liggaamsdeel word toegelaat nie bv. Naeltjieringe , ringe deur die tong , oorringe of “studs”
• DOGTERS :
o Die dra van ringe , armbande , hangertjies , naelringetjies , oorkrabbetjies en ander versierings word nie toegelaat. Juweliersware word beperk tot ‘n eenvoudige goue “stud” en ‘n goue seëlring.
2. IN DIE KLASKAMER
• Alle reëls met betrekking tot optrede (gedrag) in die klaskamer moet gerig wees op die handhawing en bevordering van ‘n positiewe onderrig- en leerkultuur.
• Alle opdragte van die opvoeder met noukeurig uitgevoer word.
• Huiswerk moet in ‘n skooldagboek of ander boek aangeteken word en stiptelik voltooi word.
• Daar mag onder geen omstandighede op meubels of mure geskryf of gekrap word nie.
• Daar mag nie in klaskamers of gange geëet word nie. Uitsonderings sal gemaak word op reëndae en wanneer daar klaspartytjies gehou word.
3. BUITE DIE KLASKAMER
• Toilette moet baie netjies gehou word en daar mag nie in kleedkamer geraas of onnodig gedraai word nie.
• Geen voorwerpe mag in die latrinebakke of urinale gegooi word nie.
• Enige artikel wat op die terrein gevind word , en waarvan die eienaar nie dadelik gevind kan word nie , moet by die kantoor ingelewer word.
• Slegs personeellede en prefekte (nadat toestemming verleen is) mag kennisgewings op kennisgewingsborde aanbring.
• Gedurende pouses moet leerders gebruik maak van die vullisdromme op die terrein om hul vullis in te gooi.
4. GEDRAG VAN LEERDERS
• Terwyl ‘n leerder onder die skool se toesig is , mag hy nie ‘n medeleerder of iemand anders se liggaamlike welsyn benadeel of in gevaar stel nie, en mag hy/sy nie wapens, speelgoed of voorwerpe wat liggaamlike besering kan veroorsaak, in sy besit hê of ‘n medeleerder se klere of eiendom beskadig nie.
• Rook, of die besit van sigarette en die gebruik/besit van alkoholiese drank, of enige dwelmmiddel of hantering van aanstootlike leesstof of ander materiaal, is op die skoolterrein asook tydens alle skoolfunksies verbode.
• Geen leerder mag minagtend teenoor nasionale simbole optree of die skool se kodes of simbole skend nie.
• Geen leerder mag op enige wyse die naam van die skool in diskrediet bring nie.
• Leerders moet die gesagsstruktuur van die skool erken en eerbiedig.
• Van leerders word verwag om te alle tye die ouergemeenskap se welvoeglikheidsreëls ten opsigte van seun- dogter verhoudings te handhaaf.
5. BESERINGS OF SIEKTES TYDENS SKOOLURE
• Indien ‘n leerder gedurende skoolure ‘n besering opdoen of siek word , moet dit onmiddellik gerapporteer by die kantoor.
• Indien ‘n ouer nie self ‘n leerder by die skool kan kom haal nie sal daar reëlings getref word om die leerder by die huis te kry.
6. BUITEMUURSE BEDRYWIGHEDE
• Leerders moet in samewerking met hul ouers besluit aan watter bedrywighede hulle by die skool wil deelneem.
• Leerders word sterk aangemoedig om aan een somer- en aan een winter sport deelneem.
• ‘n Leerder sal kwytgeskeld word van buitemuurse bedrywighede slegs as sy ouers bewyse kan lewer dat hy/sy nie mag deelneem nie.
• Wanneer leerders as ‘n skoolgroep aan ‘n aktiwiteit deelneem (uitstappies , sport , ens. ) moet dit deur ‘n onderwyser/es gereël word.
• Sport- en ander skoolafsprake met onderwysers moet stiptelik nagekom word. Indien dit weens onvermydelike omstandighede nie moontlik is nie , moet daar vooraf reëlings getref word of verskoning gevra word.
7. EIENDOM VAN SKOOL EN ANDER :
• Skoolgeboue , skooleiendom of iemand anders se eiendom mag onde geen omstandighede beskadig , ontsier of gesteel word nie.
8. ALGEMENE OPTREDE EN ROETINE :
• Dit is die plig van elke leerder om skoolbyeenkomste by te woon , tensy daar ‘n grondige rede vir afwesigheid is.
• Die beheerliggaam kan , na oorlegpleging met ouers en opvoeders bogenoemde reëls wysig en/of uitbrei op enige gegewe tydstip.
OORTREDINGS :
• ‘n Leerder begaan ‘n oortreding indien hy/sy enige van die Reëls , of Gedragskode van die skool oortree.
• Daar sal in die nie-nakoming van die reëls en Gedragskode onderskei word tussen onaanvaarbare gedrag aan die een kant en ernstige wangedrag aan die ander kant.
• Onaanvaarbare gedrag is gedrag van ‘n leerder wat ‘n oortreding van een of meer van die reëls begaan soos vervat binne die gedragskode. Dit is die soort gedrag wat ‘n negatiewe invloed het op die leerder self of op ander leerders. Hierdie soort gedrag werk steurend in op die sukses van die opvoedkundige doelwitte sowel as op die dissipline van die skool.
• Onaanvaarbare gedrag word direk gekoppel aan sanksies.
Minder ernstige oortredings bestaan uit ‘n oortreding van skoolreëls en daardie gevalle wat nie ernstige wangedrag uitmaak nie.
Ernstige wangedrag is onder andere, totdat enige regulasie uitgereik deur die LUR dit anders definieer :
• die gebruik van , of in besit wees van , of onder die invloed wees van enige afhanklikheidsvormende middel , insluitend maar nie beperk nie tot alkoholiese drank (insluitend bier en cider) , dagga of enige sigarette of tabak.
• gedrag wat die veiligheid van andere in gevaar stel en hulle regte skend.
• die gebruik van , of in besit wees van ‘n gevaarlike wapen.
• die verspreiding van , vertoon van of in besit wees van pornografie in enige vorm.
• die pleeg van bedrog of diefstal of enige ander handeling waarvan oneerlikheid ‘n element is.
• die besit van gesteelde goedere , wetende dat dit gesteel is.
• vandalisme of saakbeskadiging in enige vorm.
• aanranding , die gebruik van geweld en/of afknouery ; kriminele en onderdrukkende gedrag soos bv. verkragting en teistering wat op geslag gebaseer is.
• enige vorm van karakterskending , intimidering of geestelike of emosionele teistering , immorele gedrag of godslastering.
• herhaaldelik sonder verlof of grondige redes van die skool en/of klasse afwesig is
• kru taalgebruik teenoor ander , graffiti teen die mure van skool , haattaal , seksisme en rassisme.
• hulpverlening aan ‘n ander leerder om ‘n oortreding te begaan.
• oneerbiedigeheid , afkeurenswaardige gedrag en beledigende taal wat teen opvoeders en ander werknemers van die skool gerig word
• enige ander gedrag wat na die oordeel van die beheerliggaam neerkom op skandelike, onbehoorlike of onbetaamlike gedrag
Wanneer ‘n leerder twyfel of ‘n handeling op ‘n oortreding sou neerkom, kan hy/sy by die Skoolhoof uitklaring daaroor kry, wie se beslissing daaroor finaal sal wees. Wanneer die Skoolhoof goedkeuring of afkeuring moet verleen vir ‘n handeling , moet hy die volgende faktore in ag neem :
o ‘n leerder se reg op vryheid van spraak;
o in welke mate die betrokke handeling die skool se beeld kan skaad;
o in welke mate die handeling skade of ongerief vir ander persone kan veroorsaak;
o in welke mate die handeling die onderrigproses kan bevoordeel of benadeel.
ALGEMENE REëLS IN KLASKAMER EN OP SKOOL
Hierdie reëls moet deur alle leerders nagekom word. Opvoeders moet toesien dat hierdie reëls wel streng nagekom word.
1. Leerders moet stiptelik wees. Leerders wat meer as drie (3) keer laat kom, moet ‘n brief kry.
2. Leerders sal respek toon vir alle opvoeders en Nie-Ks opvoeders. Geen teëpratery van enige leerder sal geduld word nie, dit sluit stoepdiens prefekte in.
3. Geen leerder sal voor skool in die klaskamer toegelaat word nie. Dit verskaf oneindige probleme, veral vir die prefekte.
4. Geen vloekery, steel, baklei, op banke klim, onnodige rasery in klasse nie.
5. Leerders sal ten alle tye netjies wees. Moedig ouers en leerders aan om skoolklere te koop en te dra. Moedig leerders aan om liewers ‘n wit hemp te dra, want dit is ons nie-amptelike skoolhemp.
6. Leerders se hempde sal ingesteek wees. Geen mussies of keppies in die klas nie (waarsku die eerste keer, vat af die tweede keer en gee aan die einde van kwartaal terug). Geen slofffies (liewers kaalvoet). Geen tekkies indien leerder skoolskoene het. Dieselfde met skoolklere. Slegs blou/maroen/geel/wit/blou/swart hare bande. (Ander kleure is taboe) Slegs “stud earings”, slegs seëlring, geen onnodige strikkies en pom-poms nie. Geen oorring vir seuns. Geen naellak.
7. Rooi koppe sal nie geduld word nie. (Stuur briewe aanmekaar sodat ouers kan sien ons is ernstig met dit.) Sien toe dat seuns hul hare kort hou.
8. Leerders sal nie papier rondstrooi op die terrein of in klas nie. As u sien ‘n leerder doen dit, tree onmiddellik op.
9. Leerders wat sonder tuiswerk skool toe kom, kry onmiddellik briewe, daar is nie van waarsku hier nie.
10. Leerders sal altyd met hul hande agter die rug stap en aan die linkerkant in ‘n ry. Alle opvoeders moet hierdie reel streng navolg. Al is daar slegs 3 leerders van ‘n klas op die stoep.
11. Alle opvoeders moet toeseien dat hulle toestemmingskaarte het vir leerders. Indien u ‘n leerder op die stoep kry sonder ‘n toestemmingskaart, stuur daardie kind terug klas toe.
12. Geen leerder sal toegelaat word om gedurende pouses in die klas te wees nie. Indien leerders vir detensie gehou word, moet die betrokke opvoeders toesig by daardie leerders hou, andersins moet die leerders verdaag word.
Vlak 1 Vlak 2 Vlak 3 Vlak 4 Vlak 5
Wangedrag binne die klaskamer of op terrein Wangedrag: oortreding van skoolreëls Ernstige wangedrag Baie ernstige wangedrag Kriminele oortredings- nie net t.o.v. skoolreëls nie, maar ook landswette.
Onderwyser in klaskamer of op terrein verantwoordelik Departementshoof of Graadsameroeper verantwoordelik Prinsipaal of SBL verantwoordelik OBOS Verantwoordelik Hoofkantoor verantwoordelik
A. Laatkommery in klas
B. Klasse bank
C. Nie huiswerk doen
D. Nie reageer op redelike
versoek/opdragte nie.
E. Oneerlikheid met geringe gevolge bv. huiswerk afskryf, leuens vertel
F. Klasontwrigting
G. Afwesigheid sonder skriftelike rede.
H. Vloekery onder leerders
I. Spuug op terrein
J. Nie opdaag by voogde
K. Onvanpaste juweliersware
A. Gereelde herhaling van Vlak 1oortredings of wangedrag en nie-respons op dissiplinêre maatreëls
B. Rook of in besit van tabak
C. Skoolterrein verlaat sonder toestemming
D. Gekruide (vloek-) taal
E. Doelbewuste ontwrigting van onderrig in die klaskamer
F. Openbaar minagting teenoor andere
G. Geringe vandalisme bv. graffiti
H. Oneerlikheid met ernstige gevolge
A. Gereelde herhaling van Vlak 2 oortredings of wangedrag en nie-respons op dissiplinêre maatreëls
B. Toedien van geringe beserings aan ‘n ander persoon.
C. Dobbelary
D. Ernstige ontwrigting van klasse
E. Dokumente of hantekeninge vervals met geringe gevolge
F. Openbaar rassistiese, Seksistiese en ander diskriminerende gedrag
G. In besit wees van of Verspreiding van pornografiese material
H. Diefstal
I. Vandalisme
J. Kullery in eksamens
A. Herhaling van Vlak 3 oortredings of wangedrag waar Dissiplinêre maatreëlsondoeltreffend was
B. Opsetlike toedien van beparktebeserings aan ‘n ander
C. Verbale dreigemente t.o.v. die veiligheid van ‘n ander
D. Seksuele teistering bv.betasting
E. In besit wees van of gebruik van alkohol, dwelms of dronk of onder die invloed wees vandwelms
F. Ontwrigting van die hele skool
A. Herhaling van Vlak 4 oortreding
B. Optrede met die doel om ‘n ander ernstig te beseer (Aanranding)
C. Doelbewuste gebruik van ‘n Wapen met die doel om ‘n ander te beseer
D. Dra van ‘n gevaarlike wapen
E. ‘n Ander dreig met ‘n gevaarlike wapen
F. Seksuele teistering
G. Seksuele misbruik en
verkragting
H. Roof en diefstal
I. Inbraak
J. Moord
K. Handel dryf met dwelms en ander onwettige middels
Dissiplinêre optrede
• Detensie
• Gesprekke
• Mondelinge waarskuwing
• Skriftelike waarskuwing
• Daaglikse verslag (Boekie dra)
• Take uitvoer
• Weerhouding van voorregte
• Ondertekening van kontrak om leerder se gedrag te verbeter
• Gemeenskapdiens • Detensie
• Intervensie
• Gesprekke met leerder
• Gesprekke met ouers
• Skriftelike waarskuwing
• Daaglikse verslag
• Take uitvoer
• Weerhouding van voorregte
• Ondertekening van kontrak om
leerder se gedrag te verbeter
• Intervensie
• Skool maatskkaplike werker
Skoolsielkundige dienste
• Gemeenskapswerk (hospitale, kibbutz, lykhuise, polisiestasie,Nuwe Begin ens.)
• Kontak met kerke, sportklubs, brigade ens.
• Skriftelike waarskuwing van dreigende skorsing. • Enige dissiplinêre aksies vanvlakke 1 tot 3
• Verwysing na buite- agentskappe vir berading
• Skorsing van skoolaktiwiteite bv. sport- en kulturele aktiwiteite.
• Skorsing
• Aansoek by WKOD vir oorplasing na ‘n ander skool
• Aansoek by WKOD vir permanente uitsetting
• Kriminele vervolging
Hierdie beleidstuk is hersien en aanvaar op die 10de DAG VAN JANUARIE 2019 nadat dit op ‘n algemene vergadering van die SBL van die skool bespreek is.
a) Voorsitter: Charl Jacobs ……………………………………..
b) Prinsipaal Jonathan Africa …………………………………….
|
|
comments (0)
|
Gaegte ouers / voogde
Skooltoelatings oop: Maandag 17 Februarie 2020
Volg of klik op die skakel : https/wcedonline.westerncape.gov.za/admissions-201920
Ouers van leerders wat volgende jaar met graad R, graad 1 of hoërskool Graad 8 begin, word aangeraai om by ten minste drie skole aansoek te doen en hul volgorde van voorkeur op die stelsel aan te dui.
Belangrike datums
Kaapse Wynlandse Distrik
Mr John Goliath
Tel.: 023 348 6000 │ 023 348 4681
Riverview liefde
|
|
comments (0)
|
Ons dank ons Hemelse Vader vir al die seëninge wat ons as skool en gemeenskap gedurende 2020 kon ervaar. Dit bly egter elkeen se verantwoordelikheid om doelgerig daarvoor te werk. Daarom is onderrig en opvoeding 'n onlosmaaklike deel van die skool se taak. In 'n tyd waar daar soveel veranderinge plaasgevind het en nog gaan plaasvind word groot uitdagings aan al die rolspelers betrokke by die skool gestel.
Aan die personeel van die skool, baie dankie vir die bekwame wyse waarop u die onderwysprofesie, skool en gemeenskap dien. Dit word nie altyd gesê nie, maar ek sien dit raak. Dankie vir u toewyding en harde werk. Aan al die leerders van RIVERVIEW PS - julle is spesiaal en uniek, as hoof, personeel en ouers maak julle ons trots.
'n Spesiale woord aan ons graad 7 leerders: Mag al jou toekomsdrome waar word, werk hard die jaar sodat jy aan die einde van die jaar die vrugte daarvan pluk.
Aan die ouers en bestuurliggaam, baie dankie vir u betrokkenheid by skoolaktiwiteite, het sy sport, kultuur of akedamie, maar die belangrikste dankie, u betrokkenheid by u kind. Ek nooi u uit as ouer om betrokke te raak by die skool en u kind, onthou 'n betrokke ouer is 'n ingeligte ouer!
Mag elke ouerhuis van RIVERVIEW PS die vrede en liefde ervaar van Jesus gedurende die jaar.. Ek sluit af met die volgende gedagte: Om iets te bou duur soms jare en dit vra volgehoue toewyding om te vernietig vra soms net 'n onnadenkende daad.
RIVERVIEW LIEFDE.
Mnr. J. D. Africa
|
|
comments (0)
|

|
|
comments (0)
|
EERSTE TOELATING (GRAAD 1)
1. Aansoekvorm (W.K.O.D. 006) moet voltooi word.
2. Die leerder se oorspronklike geboortesertifikaat of identiteitsdokument moet voorgelê word. Die skool sal ‘n afskrif maak en die oorspronklike weer aan die ouer voorsien.
3. Ouers/voogde word gevra om self die leerders te kom inskryf.
OORPLASINGS
1. Wanneer ‘n oorgeplaasde leerder van ‘n skool ingeneeem word, sal die volgende dokumentasie gevra word:
a) aansoek vorm om toelating (W.K.O.D. 006)
b) geboortesertifikaat of identidentsdokument
c) oorplasingsertifikaat
d) kummulatiewe verslagkaart
|
|
comments (0)
|
1. Ouers word aangemoedig om vroegtydig hul kiners te kom inskryf.
2. Geen leerder wat aan die ouderdomsvereiste voldoen sal aanenige vorm van toetsing onderwerp word nie, alvorens hy/sy tot die skool toegelaat word.
3. Leerders sal toegelaat word om aan die skool se buitemuurse bedrywighede deel te neem. Indien ‘n leerder ongeskik is om aan sport of enige ander aktiwiteit deel te neem, moet die ouer die skool sodanig inlig en van die nodige dokumentasie voorsien wat dit staaf.
4. Kinders met spesifieke behoeftes sal eerstens verwys word na sodanige skole of indien dit moontlik is, sal daar dan probeer word om sodanige leerder te akkommodeer.
|
|
comments (0)
|

Daar sal verkope wees: Pasteie, Chips, koeldrank, lekkers, ens.
Daar sal ook worsrolletjies verkoop word.
Ons doen weer eens ‘n pleidooi op alle ouers, grootouers, oud-leerders en ondersteuners van Riverview Primêr om hul skool Vrydag te ondersteun.
Die Huise is: Springbokke – Groen;
Pumas – Blou;
Wallabies - Geel ;
All Blacks – Swart en wit
Toegangsgelde: Die leerders van ons skool betaal R2,00
per leerder.
Leerders van ander skole betaal R5,00 en vir die ouers
is dit R10,00 per ouer.
Aan alle ouers, leerders en ondersteuners wil ons by voorbaat hartlik dankie sê vir u ondersteuning volgende Vrydag. Ons weet dat ons ‘n heerlike, ontspanne dag gaan geniet.