Riverview Post

BOODSKAP : Uit die pen van ons huidige prinsipaal :

Posted by [email protected] on July 16, 2020 at 4:10 PM Comments comments (0)

Ons dank ons Hemelse Vader vir al die seëninge wat ons as skool en gemeenskap gedurende 2020 kon ervaar. Dit bly egter elkeen se verantwoordelikheid om doelgerig daarvoor te werk. Daarom is onderrig en opvoeding 'n onlosmaaklike deel van die skool se taak. In 'n tyd waar daar soveel veranderinge plaasgevind het en nog gaan plaasvind word groot uitdagings aan al die rolspelers betrokke by die skool gestel.

 

Aan die personeel van die skool, baie dankie vir die bekwame wyse waarop u die onderwysprofesie, skool en gemeenskap dien. Dit word nie altyd gesê nie, maar ek sien dit raak. Dankie vir u toewyding en harde werk. Aan al die leerders van RIVERVIEW PS - julle is spesiaal en uniek, as hoof, personeel en ouers maak julle ons trots.

 

'n Spesiale woord aan ons graad 7 leerders: Mag al jou toekomsdrome waar word, werk hard die jaar sodat jy aan die einde van die jaar die vrugte daarvan pluk.

 

Aan die ouers en bestuurliggaam, baie dankie vir u betrokkenheid by skoolaktiwiteite, het sy sport, kultuur of akedamie, maar die belangrikste dankie, u betrokkenheid by u kind. Ek nooi u uit as ouer om betrokke te raak by die skool en u kind, onthou 'n betrokke ouer is 'n ingeligte ouer!

 

Mag elke ouerhuis van RIVERVIEW PS die vrede en liefde ervaar van Jesus gedurende die jaar.. Ek sluit af met die volgende gedagte: Om iets te bou duur soms jare en dit vra volgehoue toewyding om te vernietig vra soms net 'n onnadenkende daad.

 

RIVERVIEW LIEFDE.

Mnr. J. D. Africa